Op die N4 tussen Ngodwana en Nelspruit, waar almal dors en honger raak, daar is ons! Die lekkerste kuierplek met 'n warm atmosfeer. Ons ontvang jou vriendelik en laat jou soos familie voel.
Die ketel is 'n kuierplek wat onlangs gestig is nadat ons 'n honger behoefte van gaste aangevoel het. Dis 'n gemaklike omgewing met min reëls en regulasies, kinder- en dierevry. Ons bedien graag platoniese maaltye wat vinnig maar met sorg bedien kan word.
Ons mik daarna om informeel te bly, waar gaste ontspanne kan wees en tuis kan voel. Hou gerus ons webtuiste en borde dop!
- NAWEEK VERMAAK - Carvery / Brunch / Braaivleis
- MAAND VERMAAK - Vlooimark (soms met lokale kunstenaars)
- JAARLIKS - Bierfees met "Live Band"
Jy kan ook ons "Venue" boek na wat ookal jou behoefte mag wees
- Verjaarsdae & Kinder Partytjies
- Familie Byeenkomste
- Jaareind Funksies
- Troues en Onthale
- Vergaderings
- Braai Funksies by ons Boskroeg
- Oggend Tee of Ontbyt
Daar is niks wat ons nie vir jou kan reël nie. Kom kuier gerus en oordeel self! Volg ons ook op Facebook!